Keniane het gister fees gevier toe Barack Obama die Demokratiese benoemingsverkiesings gewen het. Sommige wil meer hulp aan Afrika hê en Obama word gesien as 'n seun van Kenia. Die genomineerde Amerikaner se Keniaanse familielede beskryf hom as die groot hoop vir Kenia en die Verenigde State.

President Umaru Musa Yar'Adua het beveel dat 'n nuwe operateur Shell se belange in Nigerië se Ogoniland moet oorneem.
Ons vermoë
Moeletsi Mbeki, die broer van president Thabo Mbeki, voorspel megakonflikte as gevolg van die regering se oopgrensbeleid teenoor buitelanders. Hy het gepraat by 'n seminaar wat deur die Instituut vir Sekerheidstudies gehou is en die regering vir die onlangse geweld geblameer.