praag.co.za

Die einde van die elektriese koord

Written by

in

Sukses is onlangs behaal deur die gebruik van 2 koperspoele. Die een is 0.6 meter in diameter en hang van ʼn plafon. ʼn Soortgelyke koperspoel word met ʼn gloeilamp onderaan, 2.1 meter verder weg aan die plafon gehang.

Daarna word die eerste spoel met n kragbron verbind, en voila, die gloeilamp verhelder!.  ʼn Elektriese stroom veroorsaak ʼn magneetveld in die eerste spoel. Hierdie magneetveld induseer op sy beurt weer ʼn elektriese stroom in die tweede spoel.

Alhoewel die indukise-effek alreeds wyd benut word, was dit tot nou slegs moontlik om elektriese stroom oor afstande van etlike millimeter te gelei. Dit beperk die meer algemene  aanwending daarvan. Soljačić het sy spoele laat resoneer, en so energie oordrag oor ʼn langer afstand effektief laat plaasvind. Ons wag in spanning om te sien of ons hierdie toepassing ook in ander elektronies toerusting kan oorneem.

Geneem uit Scientific American, January 2008, p28 “Connections to an Untethered Future”  -Mark Fischetti

игра для дивчатпрокурор харьковской области

Comments

Leave a Reply