Sarah Hussein Obama
Keniane het gister fees gevier toe Barack Obama die Demokratiese benoemingsverkiesings gewen het. Sommige wil meer hulp aan Afrika hê en Obama word gesien as 'n seun van Kenia. Die genomineerde Amerikaner se Keniaanse familielede beskryf hom as die groot hoop vir Kenia en die Verenigde State.
Obama se stiefouma, Sarah Hussein Obama, sê dit sal goed wees as hy president van die Verenigde State word. Barack, sê sy, sal kan help om skole en hospitale in Kenia te bou, asook om weeskinders te help.
Barack Obama moet via 'n tolk met sy ouma praat aangesien sy nie Engels magtig is nie.
детски игДанильченко Харьков