Hillary vra nie vir visepresidentspos nie

Hillary Clinton, wat so pas die wedloop om die Demokratiese nominasiestryd in die VSA verloor het, vra nie om Barack Obama se visepresidentskandidaat te word nie, het haar veldtogbestuur gister aangekondig.

Volgens 'n verklaring het senator Clinton dit deur die hele proses duidelik gemaak dat sy alles in haar vermoë sal doen om 'n Demokratiese kandidaat na die Withuis te stuur, maar dat sy nie die visepresidentskap wil hê nie en dat niemand namens haar praat behalwe syself nie.

Die keuse hier is dié van senator Obama en net syne, het die verklaring uit die Clinton-kamp gelui.

Intussen word ook berig dat Clinton en Obama gisteraand in Amerika en in die vroeë oggendure in Suid-Afrika ontmoet het om te bespreek hoe hulle die Demokratiese party na die nominasiestryd kan herenig.

сколько стоит гипсовая штукатуркаФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae