Mbeki se broer voorspel megageweld

Image Moeletsi Mbeki, die broer van president Thabo Mbeki, voorspel megakonflikte as gevolg van die regering se oopgrensbeleid teenoor buitelanders. Hy het gepraat by 'n seminaar wat deur die Instituut vir Sekerheidstudies gehou is en die regering vir die onlangse geweld geblameer.

 

Moeletsi Mbeki het gesê dat indien 'n regering nie sy grense beheer, die burgers dit deur geweld sal doen.

Die adjunkminister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, het egter die teenoorgestelde standpunt ingeneem en gesê dat die uitsetting van mense 'n duur en futiele poging was omdat hulle so vinnig terugkom as wat hulle teruggeneem word.

Die SAOG-lande, waaronder Suid-Afrika, beplan om 'n protokol te aanvaar waardeur hul 180 miljoen burgers vrylik oor grense sal kan beweeg.

no deposit casinoлобановский александр харьков