Korrupsie by padblokkades laat kospryse in die Ivoorkus styg

Omkoopgeld wat deur die polisie en weermag by padblokkades gevra word op die meeste van die Ivoorkus se paaie is besig om voedselpryse te laat styg.

Vervoerkontrakteurs word soms deur korrupte amptenare by soveel as 15 padblokkades gedwing om te betaal vir voeselvoorraad wat die plaas verlaat voordat dit die winkelrakke bereik.

Ten einde 'n opbrengs op hul produkte te verseker, moet boere die maksimum pryse vir hul produkte vra. Sekere markverkopers het hul pryse met 25 tot 60 persent verhoog.

'n Weermagbevelvoerder het gesê die owerheid lê 'n boete op as die voertuigdokumente nie 100 persent in orde is nie.

Daarom sal enige voertuig wat nie die regte registrasiedokumente het  nie uiteindelik korrupsie voed.

Onluste het gedurende Maartmaand in die Ivoorkus uitgebreek toe duisende mense die strate ingevaar het om teen hoë voedselpryse beswaar te maak.

online csinoданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae