Opposisie sal nie Mugabe aanvaar

Na onlangse berigte oor 'n moontlike kompromie in Zimbabwe rondom 'n regering van nasionale eenheid, het die MDC-opposisie gesê dat dit sal weier om die legitimiteit van Robert Mugabe se bewind te aanvaar indien hy homself as wenner van die komende verkiesing op 27 Junie sou verklaar.

Lees verder: Opposisie sal nie Mugabe aanvaar

Polisiehelikopter keer motordiewe aan in Krugerwildtuin

Image'n Polisiehelikopter het in James Bondstyl 'n gesteelde motor op 'n grondpad tussen Satara en N'wanetsi teen 190 kilometer per uur agtervolg en uiteindelik die verdagtes aangekeer. Die operasie waartydens die lugeenheid op Nelspruit en die honde-eenheid op Witrivier saamgewerk het, word as 'n klinkende sukses beskryf.

Lees verder: Polisiehelikopter keer motordiewe aan in Krugerwildtuin

VF+ jeug bekommerd oor Afrikanermonumente

Die VF Plus-jeug het met kommer kennis geneem van die toestand van verskeie Boere-oorlogforte rondom Pretoria. Die Daspoortrandfort en Fort Klapperkop is in `n haglike toestand. Dit is verniel deur vandaliste en van die oorspronklike staaldeure word afgesny deur diewe.

Lees verder: VF+ jeug bekommerd oor Afrikanermonumente

Keniaanse oplossing vir Zimbabwe?

President Thabo Mbeki is besig om as bemiddelaar op te tree in 'n poging om 'n oplossing van die Keniaanse tipe vir Zimbabwe se verkiesingskonflik te vind. Die Johannesburgse koerant Business Day berig dat daar tans 'n voorstel is om Mugabe as president van Zimbabwe te laat aanbly in 'n regering van nasionale eenheid terwyl Morgan Tsvangirai as eerste minister aangestel sal word.

Lees verder: Keniaanse oplossing vir Zimbabwe?

Kanse vir vrye Zim-verkiesing verwoes, s? menseregte-organisasie

Die toenemende vlakke van politieke geweld het die hoop op 'n vrye en regverdige opvolgpresidentsverkiesing in Zimbabwe laat kwyn, waarsku die Amerikaanse menseregte-organisasie Human Rights Watch.

Lees verder: Kanse vir vrye Zim-verkiesing verwoes, s? menseregte-organisasie