Buitelanders dreig om hulself dood te maak

'n Groep van omtrent 100 ontwortelde buitelanders uit die tentdorp Soetwater net buite Kaapstad het gister gedreig om hulself in die see te verdrink.

Ontwortelde buitelanders is onlangs deur die VN vertel dat hulle nie Westerse lande sal kan gaan om politieke asiel te vra nie.

Die groep het op die rotse gaan sit en vir die hooggety gewag om hulself te verdrink.

Die Nasionale seereddingsinstituut het drie reddingsbote en 'n landreddingsgroep na die toneel gestuur. Een of twee buitelanders het ingespring, maar hulle is weer terug na die strand gebring.

Volgens die leier van die Onafhanklike Demokrate, Patricia de Lille, is die situasie in Soetwater besonder gespanne.

In die Ooskaap het hernieude spanning tussen plaaslike inwoners en die buitelandse burgers opgevlam, met een man dood en verskeie winkels in Port Elizabeth wat geplunder is.

купить свитер для девочки 12 летданильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae