Die Europese Unie het uiteindelik hulle teenvoeter teen die Amerikaanse Globale Posisioneringstelsel of die sogenaamde GPS, die Galileo, die ruimte in gestuur.
Stadsmynbou
Moenie daardie ou selfoon sommer weggooi nie. Jy kan dit myn vir goud, silwer, koper en verskeie ander metale wat in elektronika gebruik word. Met sommige metaalpryse wat rekordvlakke bereik het, kan jy dalk ook ryk word.
Truck Nutz moet waai
Wetgewers in die Amerikaanse deelstaat Florida het gestem om nagemaakte bultestikels wat agter aan bakkies en motors swaai, te verbied.
Vryheidsdag sonder vryheid
ʼn Johannesburgse Engelstalige koerantgroep het oor die lang naweek ʼn meningsopname oor Vryheidsdag op hul webwerf geloop. Die vraag was: Het jy vry gevoel op Vryheidsdag?
Meer as die helfte (58%) het “nee” geantwoord, terwyl 31% se reaksie was: “wie gee om?” Slegs 11% van respondente het “ja” geantwoord.
Tutu pleit dat w?reldleiers Olimpiese Spele boikot
Aartsbiskop Desmond Tutu het wêreldleiers dringend versoek om weg te bly van die Olimpiese Spele in Beijing.
Lees verder: Tutu pleit dat w?reldleiers Olimpiese Spele boikot
SAUK knip program oor besnyding
Nadat die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika gekla het, het die SAUK ‘n dokumentêre program oor besnydenis enkele ure voordat dit op televisie vertoon sou word, teruggetrek.
Vodacom kondig bemagtigingstransaksie van R7,5 miljard aan
Vodacom het ‘n swart bemagtigingstransaksie ter waarde van R7,5 miljard aangekondig.
Lees verder: Vodacom kondig bemagtigingstransaksie van R7,5 miljard aan
Pjongjang verwelkom Olimpiese fakkel
Noord-Koreane het gister die Olimpiese fakkel met ope arms verwelkom en feestelike optogte gehou om hul lojaliteit aan China te betoon. Mense het in die strate van die hoofstad Pjongjang gedans op die maat van militêre musiek en almal het plastiekblomme rondgewaai.
Polisie in Mosambiek moor en martel na willekeur
Die polisie in Mosambiek vermoor en martel mense na willekeur, volgens ‘n verslag van Amnestie Internasionaal wat so pas vrygestel is.
Lees verder: Polisie in Mosambiek moor en martel na willekeur
Regters beskuldig mekaar van lafhartigheid en rassisme
Die regterpresident van die Noord-Kaap en waarnemende appèlregter, Frans Kgomo, het ‘n klag teen twee kollegas by die regterlike dienskommissie aanhangig gemaak.
Lees verder: Regters beskuldig mekaar van lafhartigheid en rassisme
