Tutu pleit dat w?reldleiers Olimpiese Spele boikot

Aartsbiskop Desmond Tutu het wêreldleiers dringend versoek om weg te bly van die Olimpiese Spele in Beijing.

Die Nobelpryswenner het ‘n alternatiewe Tibetaanse fakkel aangesteek by ‘n seremonie in Kaapstad oor die naweek.

Hy sê mense moet China laat weet dat dit ‘n morele heelal is. Hulle moet die Chinese vertel om versigtig te wees want daar is geen manier waarop kwaad en ongeregtigheid vir ewig sal voortduur nie.

Hy het op ‘n vraag geantwoord oor China se bereidwilligheid om in gesprek te tree met die Dalai Lama, dat hy hoop dit sal betekenisvolle onderhandelinge wees.

Tutu is ‘n hegte vriend van die Dalai Lama.

какой генератор выбратьФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae