SAUK knip program oor besnyding

Nadat die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika gekla het, het die SAUK ‘n dokumentêre program oor besnydenis enkele ure voordat dit op televisie vertoon sou word, teruggetrek.

Verlede jaar het die raadgewende liggaam ‘n mini-reeks gestop omdat tradisionaliste gemeen het dit is oneerbiedig teenoor besnydenis.

Die dokumentêre program, Rights of Passage, is vir Special Assignment gemaak en kyk na die omstandighede rakende die dood van ‘n 25-jarige student van die Universiteit van Kaapstad, Buntu Majalaza. Hy is oorlede as gevolg van ‘n besnyding wat skeefgeloop het.

Die bekroonde joernalis wat die program gemaak het, Hazel Friedman, sê sy is ontsteld oor die SAUK se besluit.

насосной станциитопкарго отзывы