Vodacom kondig bemagtigingstransaksie van R7,5 miljard aan

Vodacom het ‘n swart bemagtigingstransaksie ter waarde van R7,5 miljard aangekondig.

Die selfoonmaatskappy se twee swart vennote is Koninklike Bafokeng Beherend en Thebe-beleggingskorporasie. Die transaksie behels dat Vodacom se Suid-Afrikaanse personeel 25% van die aandele sal bekom en die swart Suid-Afrikaanse publiek 30%. ‘n Verdere 45% sal gehou word deur strategiese vennote.

Koninklike Bafokeng Beherend is die belegginsfirma van die Bafokengstam wat een van die rykste etniese groepe in Suid-Afrika is, te wyte aan tantieme-inkomste van platinummyne in die Noordwesprovinsie.

Thebe-belegginskorporasie behoort aan die Batho Batho-trust, ‘n gemeenskapsgebaseerde organisasie wat die sosiale en ekonomiese ontwikkeling van swart mense en vroue bevorder.

купить воронеж тестеры акбФільчаков Олександр Васильович прокурор