Polisie in Mosambiek moor en martel na willekeur

Die polisie in Mosambiek vermoor en martel mense na willekeur, volgens ‘n verslag van Amnestie Internasionaal wat so pas vrygestel is.

Die polisie in Mosambiek dink blykbaar dat hulle oor ‘n lisensie om te moor beskik en die swak polisiebeheerstelsel laat dit toe, sê Michelle Kagari, adjunk-direkteur van Amnestie Internasionaal se Afrikaprogram in die verslag.

Geen ondersoeke word gedoen na menseregteskendings deur polisiemanne nie en ook geen dissiplinêre optrede teen hulle ingestel nie.

Die verslag noem ook dat die Mosambiekse polisie gebuk gaan onder ‘n hoe misdaadsyfer in die land, asook ‘n agterstand van strafsake in die regstelsel en sporadiese aanvalle op polisie deur kriminele elemente.

money casino noОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae