Die twee kollegas, regters Majiedt en Leacock, het Kgomo daarvan beskuldig dat hy ‘n veel meer junior regter, Phule Tlaletsi, as waarnemende regterpresident aangestel het uit rassisme en kwaadwillige gevoelens jeens blanke en kleurlingregters.
Kgomo het ‘n sowel ‘n kleurlingregter, Stephen Majiedt, as ‘n blanke, H. Leacock, oorgesien wat meer senior as Phule Tlaletsi, die mees junior regter op die Noordkaapse regbank, is. Die normale gebruik is vir die tweede mees senior regter om in die hoedanigheid van regterpresident waar te neem tydens laasgenoemde se afwesigheid.
