Olimpiese rygoed

Image

Mini Cooper-rieksja

Mini se bemarkingsmanne het met die briljante idee gekom om so 'n hand vol Minis op te kerf en rieksjas daarvan te maak. Hierdie was nie sommer geldmors nie; nee, dit was vir die bekendstelling van die nuwe Mini Clubman in Hong Kong. Die idee is toe voorgelê aan die Olimpiese komitee en siedaar die Olimpiese Spele in Beijing het rygoed bygekry. Hulle noem die karretjies “Rickimini's”.

 

Lees verder: Olimpiese rygoed

Duitse buitelandse minister gaan Merkel in volgende verkiesing uitdaag

Image

Frank-Walter Steinmeier

Die Duitse Sosiaal-Demokraat Frank-Walter Steinmeier, die gewilde minister van buitelandse sake, is gekies om kanselier Angela Merkel se uitdager in aanstaande jaar se parlementêre verkiesing te wees.

Lees verder: Duitse buitelandse minister gaan Merkel in volgende verkiesing uitdaag

Amerikaanse regering neem Fannie Mae en Freddie Mac oor

Die Amerikaanse regering het beheer geneem van die verbandfinansieringsmaatskappye Fannie Mae en Freddie Mac in 'n poging om die sukkelende Amerikaanse huismark en ekonomie by te staan.

Lees verder: Amerikaanse regering neem Fannie Mae en Freddie Mac oor

Die wit en swart skerpioene

ImageSo ʼn tyd terug het ek die film “Jarhead” gesien. Ek hou nogal van oorlogflieks, veral dié met ʼn boodskap. Ek gaan my nie hier as ʼn kenner op die gebied van films uitleen nie, maar daar was een stukkie in die film wat nogal opvallende ooreenkomste met die situasie in Suid-Afrika getoon het. Ek wil wel hier stel dat ek nie oorlog aanhang en verromantiseer nie; ek hou net van oorlogfilms.

Lees verder: Die wit en swart skerpioene