Julle kan maar die brief publiseer, s? Mbeki

Image

Mbeki (regs) en vriend

14:25:31 Voormalige president Thabo Mbeki se kantoor het aan die ANC geskryf dat hy geen beswaar daarteen het as die regerende party die brief wat hy aan ANC-president Jacob Zuma geskryf het, bekend maak nie, het SABC se radionuus bekend gemaak.

Lees verder: Julle kan maar die brief publiseer, s? Mbeki

Zambiese regering reg om oproer by stembusse te hanteer

Image

Rupia Banda, saam met prinses Astrid van Belgi?

13:30:57 Zambiërs het Woensdag na die stembusse gegaan om ‘n nuwe president te kies, terwyl polisie en soldate op  'n gereedheidsgrondslag was vir uitbreek van geweld nadat die opposisie die regering daarvan beskuldig het dat hy die uitslae wou kook.

Lees verder: Zambiese regering reg om oproer by stembusse te hanteer

Padwerke breek Telkomkabel

Telekommunikasiekabels na die Gautengse provinsiale wetgewer is deur padwerke gebreek, het die DA se Jack Bloom Woensdag gesê. Jack Bloom, lid van die provinsiale wetgewer, het gesê die kabels wat die wetgewer toegang tot die internet gee, werk sedert Maandag nie.

Lees verder: Padwerke breek Telkomkabel

SAOG-leiers moet Zim-dooiepunt oplos

Image“Afrikaleiers moet nou daadwerklike aksie neem om die dooiepunt tussen Zimbabwe se president, Robert Mugabe en opposisieleier Morgan Tsvangirai op te los” het Ban ki-Moon, die VN se sekretaris generaal op Woensdag gesê.

Lees verder: SAOG-leiers moet Zim-dooiepunt oplos