DRK stuur af op nuwe humanit?re krisis

Duisende vlugtelinge het gister steeds na die oostelike dorp Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo gestroom terwyl Kongolese troepe en VN-vredestroepe soldate van die afvallige Tutsi-generaal Laurent Nkunda probeer stuit het.

 

Aanvalshelikopters en pantservoertuie van die Verenigde Nasies (VN) ondersteun rege­rings­troepe noord van Goma, hoofstad van die provinsie Noord-Kivu, terwyl Nkunda se Nasionale Kongres vir die Verdediging van die Volk na die dorp self opruk.

 

Die VN-vredesmissie in die land, MONUC,  sê die Nasionale Kongres het Maandag vyf vuurpyle gevuur op twee VN-troepedraers wat vlugtelinge beskerm.

 

Die hoof van die VN-vredesmissie, mnr. Alan Doss, het aan die BBC gesê die VN kon nie anders as om by die gevegte betrokke te raak nie. “Ons kan nie toelaat dat gemeenskappe bedreig word nie.”

 

MONUC het gesê sy helikopters het op Nasionale Kongres-stellings naby Kibumba, sowat 20 km noord van Goma, losgebrand.

 

Tienduisende burgerlikes het die afgelope paar dae gevlug weens die opmars van die rebelle na Goma.

 

Die goewerneur van Noord-Kivu, mnr. Julien Paluku, het aan die VN-ondersteunde Radio Okapi gesê ’n reuse- humanitêre ramp dreig. “Ons het meer as twee miljoen vlugtelinge in die provinsie. Hoeveel sterftes, hoeveel ontworteldes is nodig voordat die internasionale gemeenskap daadwerklik ingryp?” декоративный водопад купитьДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae