Uitsette van olievelde krimp tog, bevind studie

Die eerste gesaghebbende openbare studie van die grootste olievelde toon dat uitsette van die wêreld se olievelde vinniger daal as wat voorheen verwag is.

Die Internasionale Energie Agentskap (IEA) sê in sy jaarverslag sonder ekstra beleggings om produksie op te stoot, is die natuurlike jaarlikse koers van daling in die uitset, 9.1 persent.

Die bevindinge wys dat die wêreld gaan sukkel om genoeg olie te produseer om te vergoed vir die daling in bestaande velde, soos die Noordsee, Rusland en Alaska, en om in die langtermyn aanbod te voorsien.

Die poging sal nog verder vererger soos pryse val en beleggingsbesluite vertraag word.

Die oliewaghond, die IEA, voorspel dat China, Indië en ander ontwikkelende lande se aanvraag beleggings van $360 biljoen tot 2030 gaan vereis. Olie se uitvoerende beamptes sê die daling sal nie in die volgende paar jaar gevoel word nie omdat die aanbod afneem, maar met die verwagte vertraging in beleggings sal die uiteindelike effek vergroot word.

Die IEA sê die toekomstige koers van daling in die uitset van produksievelde soos wat hulle ouer word, is die enkele beslissende faktor van hoeveel nuwe kapasiteit nodig sal wees om globaal te bou ten einde in die aanvraag te kan voorsien.

Die waghondorganisasie het gewaarsku dat die wêreld 'n "aansienlike toename in toekomstige beleggings sal moet sien gebeur" net om die huidige vlak van produksie te handhaaf.

Die IEA verwag dat olieverbruik in 2030 106.4 miljoen vate per dag gaan bereik – laer as verlede jaar se voorspelling van 116.3 miljoen vate per dag. Die projeksies kan laer hersien word omdat die IEA se verslag 'n maand gelede opgestel is, voordat die globale finansiële krisis vererger het na die ineenstorting van Lehman Brothers.

Al die verhogings in olie-aanbod tot 2030 kom van ontwikkelende lande terwyl die verbruik in ontwikkelde lande besig is om af te neem.

Die gevolg is dat ryk lande se aandeel in globale aanvraag vanaf verlede jaar se 59 persent, tot minder as die helfte van 2030 se totaal gaan daal. 

Dit is die duidelikste aanduiding nog dat die fokus van die industrie op die aanvraag – en nie net die aanbod nie- besig is om van die VSA, Europa en Japan na ontwikkelende lande te beweeg.   

millstreamДанильченко