Inwoners eis afslag oor vulliskrisis

Image

Conrad Beyers

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat alle inwoners van Pretoria wat gedwing word om private vullisverwydering te doen vanweë die huidige vullisverwyderingskrisis, hul kostes van die stadsraad moet terugeis. 

Die VF Plus het verder gesê dat die metroraad 'n meganisme in plek moet stel waarvolgens inwoners wat verkies om op 'n permanente basis private vullisverwyderingsdienste te gebruik, vrygestel sal word van daardie kostes op hul munisipale rekeninge.

Lees verder: Inwoners eis afslag oor vulliskrisis

Nigeriese president waarsku oor olietoekoms

Image

Yar’Adua

President Yar'Adua van Nigerië het gister vir die eerste maal die Nigerdelta-gebied besoek en het die geleentheid gebruik om te waarsku dat tensy die onrus ophou, Nigerië haar posisie as Afrika se grootste olieprodusent mag afstaan aan Angola.

Lees verder: Nigeriese president waarsku oor olietoekoms

Hof hoor getuienis oor kindermoord

Image

Danielle

Die moeder van die vermoorde Danielle Esterhuizen het gister in die Randfonteinse streekhof getuig en vertel hoe haar 5-jarige dogtertjie op haar skoot doodgeskiet is. Danielle en haar pa, Diederick, was op 20 Desember 2006 langs 'n dam besig om vis te vang toe beskuldigdes David Nqomane, Tsakane Sithole en Thabang Jane goedsmoeds op die kind losgebrand het.

Lees verder: Hof hoor getuienis oor kindermoord

Formule Een die laaste keer vanjaar by Magny-Cours

Bernie Ecclestone, die baas van Formule Eenwedrenne, is lankal van mening dat die Circuit de Nevers, wat 250km suid van Parys is,

Image

Bernie Ecclestone

ontoeganklik en nie op moderne standaard  is nie.

Lees verder: Formule Een die laaste keer vanjaar by Magny-Cours

Demografiese krisis raak reeds ?n ramp

Image“Die Afrikaner: verlede, hede en toekoms”. Oor dié moeilike tema moes ek onlangs ’n praatjie hou. Nie ek of een van die klompie wat kom luister het, het ’n "oplossing" vir die "Afrikaner-vraagstuk" gehad nie. Nie een van ons het darem ook onder die illusie verkeer dat ons ’n oplossing het nie.

Lees verder: Demografiese krisis raak reeds ?n ramp