30 000 staatsamptenare in subsidieskandaal

Die Spesiale ondersoekeenheid ondersoek tans 30 000 staatsamptenare wat wederregtelik huissubsidies van die staat bekom het. Hulle sluit skoolhowe en polisiekapteins in wat op korrupte of bedrieglike wyse ten volle gesubsidieerde wonings verkry het.

Lees verder: 30 000 staatsamptenare in subsidieskandaal

Kommer met ru-olie op pad na $120

Daar heers wye internasionale kommer terwyl ru-olie nader kruip na $120 per vat. Volgens ontleders het die verswakkende Amerikaanse dollar, produksieprobleme in Nigerië en die Opul-lande se onwilligheid om meer olie te produseer tot die prysstyging bygedra.

Lees verder: Kommer met ru-olie op pad na $120

Clinton wen in Pennsilwani

Tot Hillary Clinton se verligting, het sy die nominasiestryd in die deelstaat Pennsilwanië gewen, hoofsaaklik danksy blanke kiesers en veral werkersklaskiesers. Aan die ander kant het nege uit tien swart kiesers vir Barack Obama gestem, wat aantoon dat Afro-Amerikaners bankvas agter hom staan.

Lees verder: Clinton wen in Pennsilwani

Omskep vernedering in eer

Die ANC se president, Jacob Zuma, het verlede week op versoek van die vakbond Solidariteit ‘n verarmde blanke gemeenskap besoek.

Maar vir menige volksgenoot wat oor die kykkassie se nuus gekyk het na dié besoek, was dit in wese vernederend om te sien hoe ‘n Afrikanervrou haar gebroke Engels moet uithaal om by ‘n nie-Afrikaans verstanende Jacob Zuma te pleit dat hy tog elektrisiteit moet gee.  Dit was hartverskeurend enersyds, maar vernederend andersyds om te sien hoe dié vrou byna huilend vertel dat hulle geen elektrisiteit het nie, en of Zuma tog nie maar iets daaraan kan doen nie.  Dit, terwyl Zuma se lyftaal nie besondere simpatie getoon het nie toe hy aandagtig die lug bespied het en slegs kon sê: “Ek is geskok, ek is geskok”.  In Engels natuurlik.

Lees verder: Omskep vernedering in eer