Clinton wen in Pennsilwani

Tot Hillary Clinton se verligting, het sy die nominasiestryd in die deelstaat Pennsilwanië gewen, hoofsaaklik danksy blanke kiesers en veral werkersklaskiesers. Aan die ander kant het nege uit tien swart kiesers vir Barack Obama gestem, wat aantoon dat Afro-Amerikaners bankvas agter hom staan.

Vyf-en-sestig persent van blanke vroue in die Pennsilwanië se Demokratiese Party het vir haar gestem en vyf-en-vyftig persent van blanke mans.

Hoewel Obama tans steeds ‘n kortkop voor Clinton in die nominasiestryd loop, veroorsaak hy meer verdeeldheid in die party. Vyf-en-dertig persent van Demokratiese kiesers sou ontevrede wees as hy wen, teenoor vyf-en-twintig persent wat met ‘n Clinton-wen ontevrede sou wees.

online casino bonusтопкарго кидалы