Kommer met ru-olie op pad na $120

Daar heers wye internasionale kommer terwyl ru-olie nader kruip na $120 per vat. Volgens ontleders het die verswakkende Amerikaanse dollar, produksieprobleme in Nigerië en die Opul-lande se onwilligheid om meer olie te produseer tot die prysstyging bygedra.

Gisteraand het die termynkontrak vir Mei by die New York Mercantile Exchange op ‘n record van $119,37 per vat gesluit. Gedurende die dag het die prys selfs $119,90 behaal.

Die petroleumminister van Saoedi-Arabië, Ali al-Naimi, het ‘n beroep op kalmte gedoen. Volgens hom gaan die wêreld se olie nie opraak nie.

велосипеды кривой рогАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae