Korrupsie by padblokkades laat kospryse in die Ivoorkus styg

Omkoopgeld wat deur die polisie en weermag by padblokkades gevra word op die meeste van die Ivoorkus se paaie is besig om voedselpryse te laat styg.

Vervoerkontrakteurs word soms deur korrupte amptenare by soveel as 15 padblokkades gedwing om te betaal vir voeselvoorraad wat die plaas verlaat voordat dit die winkelrakke bereik.

Lees verder: Korrupsie by padblokkades laat kospryse in die Ivoorkus styg

Nigeri? vra Shell om pad te gee

ImagePresident Umaru Musa Yar'Adua het beveel dat 'n nuwe operateur Shell se belange in Nigerië se Ogoniland moet oorneem.

Die president het dit bekendgemaak tydens 'n vergadering met die Nigeriese gemeenskap in Suid-Afrika waar hy tans op 'n staatsbesoek verkeer. Hy het gesê dat daar 'n totale verlies aan vertroue tussen Shell en die Ogoni-volk ingetree het.

Lees verder: Nigeri? vra Shell om pad te gee

Fritz Joubert Dequesne

Lesers mag dalk onthou dat Joan Abrahams, tant Mossie van die Troepies, navorsing gedoen het oor Fritz Joubert Dequesne, die susterskind van Genl Piet Joubert, die boerespioen en krygsgevangene op Bermuda wat van daar ontsnap het en ‘n geheime organisasie in die VSA gestig het om Britse bote te saboteer. Die berugte ‘Bermuda Triangle' het sy naam so gekry, word bespiegel.

Lees verder: Fritz Joubert Dequesne

Mbeki se broer voorspel megageweld

Image Moeletsi Mbeki, die broer van president Thabo Mbeki, voorspel megakonflikte as gevolg van die regering se oopgrensbeleid teenoor buitelanders. Hy het gepraat by 'n seminaar wat deur die Instituut vir Sekerheidstudies gehou is en die regering vir die onlangse geweld geblameer.

 

Lees verder: Mbeki se broer voorspel megageweld

MIV neem af, s? Manto

ImageDie minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het gister aangekondig dat MIV aan die afneem is in Suid-Afrika.

Tshabalala-Msimang het gedurende haar begrotingsdebat in die parlement gepraat. Volgens haar sal 'n opname binnekort vrygestel word om aan te toon dat MIV oor die afgelope twee jaar gedaal het.

Lees verder: MIV neem af, s? Manto

Kongolese generaal ontken dat hy mensvleis ge?et het

Die Oegandese regeringsminister Kahinda Otafiire ontken dat hy ooit enige Kongolese burgers geëet het en het bygevoeg dat hy nie gearresteer sal word vir enige beweerde aandadigheid aan oorlogsmisdade in die DRK nie.

 

Lees verder: Kongolese generaal ontken dat hy mensvleis ge?et het