Rugbyster in roof doodgeskiet

Die voormalige Leeu-rugbyspeler Johan Kemp is Donderdagoggend in sy huis in Fontainebleau, Randburg, doodgeskiet, het Beeld berig. Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het drie inbrekers Kemp (35) omstreeks 02:00 in sy slaapkamer oorval en hom drie keer in die bolyf geskiet. Kemp het in 2002 in ses wedstryde vir die Leeus se Vodacombeker-span as stut

Lees verder: Rugbyster in roof doodgeskiet

Paaie stil voor nog petrolprysverhogings

Paaie is nie so besig oor die Paasnaweek soos wat verwag is nie, het verkeersbeamptes Vrydag gesê. Dit sluit een van die besigste roetes tussen Limpopo en Gauteng in. “Tot dusver is niks groot aangemeld nie en die paaie is nie so besig soos wat ons verwag het nie,” het Ashref Ismail, woordvoerder van die

Lees verder: Paaie stil voor nog petrolprysverhogings

Afrikanerkundiges kraak kragkrisis

Die nuwe Suid-Afrika se bekendste probleem is ‘n nuwe probleem sonder apartheidspresedent, naamlik: die gebrek aan, en erg eskalerende koste van krag. Elektrisiteit hou nie maar net die liggies aan nie, maar is die kardinale lewenstroom van ‘n nywerheidsland soos ons s’n wat oor minerale, smelterye en diep myne beskik. Boonop is die Kaapprovinsies, wat

Lees verder: Afrikanerkundiges kraak kragkrisis

McBride kom los

Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, is vrygespreek het Volksblad berig. Hy is Donderdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof nie skuldig bevind op die klagtes van dronkbestuur en poging tot regsverydeling nie. McBride is voorheen tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir dié oortredings. McBride het teen sy skuldigbevinding en vonnis van September 2011 geappelleer. Regter Cynthia Pretorius het

Lees verder: McBride kom los

Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind

Die lyk van ‘n vooraanstaande KwaZulu-Natalse sakeman is in die Tugelarivier in die provinsie gevind, het die polisie gesê. Lt.kol. Vincent Mdunge sê inwoners het die lyk opgemerk en die polisie in kennis gestel. “Hy het talle steekwonde opgedoen.” Eyewitness News het die oorlede geïdentifiseer as Nhlanhla Gasa, wat met pres. Jacob Zuma verbind word.

Lees verder: Lyk van sakeman met Zuma-bande in rivier gevind

Mandela met longontsteking opgeneem

Voormalige staatshoof Nelson Mandela is Woensdagaand weens longinfeksie in die hospitaal opgeneem, het die presidensie gesê. Mandela is glo Woensdagaand kort voor middernag opgeneem. “Dokters kyk na hom en verseker dat hy die beste moontlike behandeling ontvang en gemaklik is,” het Nuus24 berig. Pres. Jacob Zuma het Mandela ‘n spoedige herstel toegewens. “Ons doen ‘n

Lees verder: Mandela met longontsteking opgeneem

BRICS – ‘n geleentheid vir die Afrikaner?

Tot gisteraand redelik laat was ek in gesprek met ‘n jong Russiese PhD-student uit Moskou wat navorsing oor Afrikaans en Afrikaners doen. Dit het toevallig op dieselfde dag gebeur as wat die BRICS-konferensie in Durban tussen die regerings van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika plaasgevind het. Die gesprek, maar ook alles wat daar die

Lees verder: BRICS – ‘n geleentheid vir die Afrikaner?

Egipte vang Internetkabelsaboteurs

Egipte se kuswag het drie duikers gevang wat ‘n ondersese Internetkabel Woensdag deurgesny het, het die weermag gesê. Dit is die eerste aanduiding dat misdadigers betrokke kan wees in die probleme met verbindings en ontwrigtings aanlyn. ‘n Vissersboot is naby die Middellandse hawestad Alexandria gestop deur die Egiptiese kuspatrollie en drie duikers is in hegtenis geneem,

Lees verder: Egipte vang Internetkabelsaboteurs

Resies vir hulpbronne in SAR

Terwyl talle vrae opduik oor Suid-Afrika se militêre betrokkenheid in die oorloggeteisterde Sentraal-Afrikaanse Republiek, het dit na vore gekom dat maatskappye met skakels na invloedryke politici en sakemanne gretig is om olie en minerale in die streek te ontgin. Ten minste een maatskappy, Divine Inspiration Group Oil wat besit word deur invloedryke sakevrou Andrea Brown

Lees verder: Resies vir hulpbronne in SAR