Die Iranse president, Mahmoed Ahmadinejad, het gister in Gambië aangekom vir ‘n werksbesoek van 24 uur wat daarop gemik is om verhoudinge tussen die Islamitiese republiek en die Wes-Afrika-land uit te bou. Ahmadinejad sou samesprekings met sy Gambiese eweknie, Yahya Jammeh, oor ekonomiese en sekuriteitsaangeleenthede gevoer het. Die Iranse leier – wat Gambië laas besoek
Jonah Lomu speel weer rugby
Die voormalige All Black-superster, Jonah Lomu, het gister in Frankryk sy terugkeer tot rugby gemaak toe hy vir sy Franse Derde Divisie-span, Marseille-Vitrolles in hulle 63-18 oorwinning oor Motmelian uitgedraf het. Die 34-jarige Lomu, wat op die internasionale verhoog losgebars het tydens die 1995 Wêreldbeker in Suid-Afrika, net om lamgelê te word deur ‘n siekte
Spanwerk
{jathumbnail off} игры пазлыДанильченко Юрий прокурор
Polisie roer nie vinger om sakeman te beskerm
‘n Sakeman van Ermelo, Hendrik Celliers, word nou genoodsaak om hom in die komende week (Dinsdag, 24 November 2009) tot die Hooggeregshof in Pretoria te wend in ‘n poging om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te dwing om verskeie hofbevele uit te voer ter beskerming van Celliers se dieselverspreidingsonderneming en personeel. Die SAPD in Ermelo het
Die VSA dring by Teheran aan om kernaanbod te aanvaar
‘n Senior Amerikaanse amptenaar het gister by Iran aangedring om “in te skakel” by die Weste oor sy kernprogram, nadat ‘n Iranse militêre hoof gewaarsku het dat ‘n aanval op hulle kernterreine verpletter sal word. “Ons sal verkies dat die Iranse regime werk van die geleentheid om in te skakel, sal maak,” sê Ellen Tauscher,
Lees verder: Die VSA dring by Teheran aan om kernaanbod te aanvaar
SA se ratte slaan vas op Centurion
Engeland het gister die tweede eendagwedstryd teen Suid-Afrika met sewe paaltjies gewen. Andrew Strauss het die loot gewen en die Suid-Afrikaners ingestuur om te kolf. Op ‘n blad wat heelwat stadiger en suiniger was as die gewone Centurion-lopiefabriek, het die Proteas lusteloos gekolf. Eintlik was die slag reeds in die negende beurt gelewer toe AB
Reuse motorbom gevind
Lede van die Ierse Republikeinse Leër, IRA, het ‘n 180-kilogram motorbom buite die polisie se hoofkwartier in Belfast geplant maar die tuisgemaakte toestel het nie ontplof nie. Konstabel Matt Baggott het gesê Saterdag se poging om die Nood-Ierse polisie se hoofkwartiere in die lug te blaas, ‘n aanval op die provinsie se hele vredesproses verteenwoordig.
Die burgeroorlog het reeds begin
Daar is ‘n oorlog in Suid-Afrika aan die gang, ‘n koue oorlog, ‘n koue burgeroorlog en die oogmerk daarvan is, nes die Britte s’n in ‘n warm geskil ‘n eeu gelede, die algehele vernietiging en verdwyning van die Afrikaner. Dit is ‘n burgeroorlog want die bevelvoerders, offisiersklas, onderoffisiere en manskappe daarvan is self blanke Afrikaners.
Schumacher terug in Formule Een? Wat’s die kans?
Dit is onwaarskynlik dat Michael Schumacher na Formule Een sal terugkeer, ten spyte van kontak met die nuwe span, Mercedes Grand Prix, het die sewe-keer voormalige wêreldkampioen se segsvrou gister gesê. “Michael geniet sy lewe. ‘n Terugkeer na Formule Een is nie ‘n onderwerp vir debat op die oomblik nie,” het Sabine Kehm gesê. “Sover
Lees verder: Schumacher terug in Formule Een? Wat’s die kans?
Ons blaps so lekker want ons gaps so lekker
Die huidige regering het nie korrupsie uitgevind nie. Nog nooit nie. Net vervolmaak. Die minister in die presidensie verantwoordelik vir prestasiemonitering en evaluering, Collins Chabane, gebruik deesdae sy amptelike kredietkaart vir persoonlike uitgawes. Nee, dis nie Herrie wat so sê nie, dis die regering wat self so sê. Nou nie in soveel woorde nie, maar dit