Die romanskrywer Justin Cartwright skryf in die Britse Telegraph dat die 20ste Oktober die einde van ‘n soort wêreldse religie vir Afrikaners beteken, naamlik die religie van rugby. Cartwright skryf dat rugby veel meer as ‘n sportsoort vir Afrikaners is, en bygedra het tot die definisie van ons identiteit.
Ek is geneig om met hom saam te stem. Soos konvensionele godsdiens vir Marx die opium van die volk was, was rugby vir Afrikaners spesifiek in die aanloop tot 1994 en kort daarná ‘n soort dwelm. Die wortel van hertoelating tot internasionale sport het heelwat bygedra om ons Afrikanerdonkies se koppe te draai om nasionale selfmoord te pleeg in die referendum van die vroeë negentigerjare. In 1995 het baie Afrikaners vir ‘n wyle hooggerook rondgestap met valse illusies oor die bestaan van ‘n sogenaamde reënboognasie, ‘n mite wat sedertdien oortuigend begrawe is.

Lees verder: Afrikaners se groen dwelm