Die Kantonfederasie

Die verwoesting en verlies aan menselewens tydens die Tweede Wêreldoorlog het die internasionale gemeenskap gedwing om sekere maatreëls in te stel wat op alle lande van toepassing sal wees om ‘n herhaling van WO2 se menseslagtings te voorkom. Die selfbeskikkingsbegrip het as internasionale norm sy beslag gekry om vrede en stabiliteit in multi-etniese state te

Lees verder: Die Kantonfederasie

‘n Alternatiewe politieke stelsel vir multi-samelewings

Die doel van hierdie rubriek is om breë riglyne te ontwerp vir die bestuur van multi-samelewings.  Die artikel veronderstel dus dat die liberaal-demokratiese model vir multi-samelewings uitgedien is. Multi-samelewings verwys na samelewings wat gekenmerk word deur: *    ‘n ontwikkelingsprobleem (ryk, arm) *    ideologiese konflikte (Sosialisme versus kapitalisme, versusnie-kapitalistiese vryemark ekonomiese stelsel), *    ‘n onderliggende beskawingskonflik

Lees verder: ‘n Alternatiewe politieke stelsel vir multi-samelewings

Gauteng stel rekordeksamen uit

Die matriekrekordeksamen in Gauteng sal uitgestel word weens ‘n staking van staatsamptenare, meen ‘n amptenaar vandag. “Ek kan bevestig dat die eksamen onbepaald uitgestel is,” sê die provinsiale onderwys-woordvoerder, Charles Phahlane. Hy het gesê hy kon nie meer besonderhede gee nie. ‘n Nasionale staking van staatsamptenare het vandag sy agtste dag betree en veroorsaak ernstige

Lees verder: Gauteng stel rekordeksamen uit

Wat beteken selfbeskikking in die praktyk?

Die volgende klink na ‘n dom vraag: Waarom moet Afrikaners selfbeskikking verkry? Die antwoord is immers voor-die-hand-liggend, nie waar nie? Dit is omdat Afrikaners ‘n soewereine volk is, en omdat daar ‘n internasionaal-erkende reg is vir soewereine volke om oor hul eie lot te kan beskik. Bostaande is egter myns insiens nie heeltemal so voor-die-hand-liggend

Lees verder: Wat beteken selfbeskikking in die praktyk?

Deursigtigheid toegewasem

Die besluit van die ANC en die IVP om ‘n vergadering tussen die SABC-raad en die parlementêre portefeuljekomitee te verdaag nadat ‘n hofbevel verkry is om dit vir die media oop te stel, laat net meer vrae ontstaan oor hoe die ANC die pad vorentoe sien met sekere grondwetlike waarborge oor meningsuiting en die reg

Lees verder: Deursigtigheid toegewasem

Teokrate se foefie

Gewone Christene – dus feitlik alle lidmate van die Afrikaanse kerke – is nie welkom in die teokratiese volkstaat wat die sogenaamde Volksvergadering van die Geloftevolk gaan stig nie.  Slegs beskouings wat die eer van JHWH (soos deur die teokrasiekomitee omskryf is) as primêre doel het, sal geduld word. Ander godsdienste is verbode. Daarby is

Lees verder: Teokrate se foefie

Herrie se kerrie: Afrikaans toor met staak

Afrikaans is ‘n wonderlike taal – dit kan dinge darem baie beter as die Rooi Taal beskryf. Neem nou maar die woord “staak.” Dan word werksaamhede ge-“staak”. Dienste word gestaak. Maar die Engelse woord is “strike” wat darem erg misleidend is. Dit impliseer iets word gedoen – deur daarop toe te slaan. ‘n “Strike Force”

Lees verder: Herrie se kerrie: Afrikaans toor met staak

Knyptang-breekspul

Twee sake oorheers die afgelope weke die nuus sodat ander nuus soos misdaad effens noustrop trek om die pyp te rook – die landswye staking wat met geweld gepaard gaan, en die regering se aanslag teen vrye meningsuiting en mediavryheid. In beide sake staan die regering sentraal, veral omdat die grens tussen regering en regerende

Lees verder: Knyptang-breekspul

Vuurwapens, mortiere raak by Weermag weg

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Lindiwe Sisulu, het skriftelik bevestig dat 183 vuurwapens, 5 mortiere en ses vuurpyllanseerders in die weermag gesteel en verlore geraak het sedert 2007. Dit volg in antwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die Parlement. “Dit is uiters kommerwekkend dat outomatiese aanvalsgewere

Lees verder: Vuurwapens, mortiere raak by Weermag weg

Romanisering van die Christelike godsdiens in die periode 325 tot 380 nC

In vorige artikels het lesers van Praag hulle uitgelaat oor kerk-staatverhoudinge en die wedersydse beïnvloeding van godsdiens en politiek op mekaar. Die Christelike godsdiens het ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in die periode 325 tot 380 nC en daarna. Met Romanisering word bedoel dat hoofsaaklik twee keisers ‘n uniforme dogma op die kerk afgedwing het en ‘n

Lees verder: Romanisering van die Christelike godsdiens in die periode 325 tot 380 nC