Ons volk staan weer, soos dikwels in die verlede, voor ‘n muur – dié keer ‘n letterlike een. President Thabo Mbeki praat daarvan as die “mees ambisieuse erfenisprojek van die demokratiese regering”: Die gedenkmuur in die “vryheidspark” waarop, so is die plan, al die name gegraveer sal word van die mense wat “vir die mensdom en vryheid in Suid-Afrika gesterf het.” Aldus die Freedom Park-trust se amptelike webblad.
Die volk teen die muur

Die debakel rondom Eerste Nasionale Bank se abortiewe anti-misdaadveldtog het weereens gedemonstreer watter leierskapsvakuum daar in Suid-Afrika bestaan. Vele sakemense is arrogant genoeg om van tyd tot tyd die stelling te maak dat “ons Suid-Afrika regeer”. Hierdie soort praatjies word deur die bulmark in aandele en eiendom veroorsaak, maar het weinig gronde in die werklikheid.