Gister is mediavryheidsdag wêreldwyd gevier. Met 9 joernaliste vermoor en bykans 200 in aanhouding, is dit duidelik dat mediavryheid nie oral in die wêreld op ‘n aanvaarbare vlak is nie. ‘n Verdere onheilspellende aspek is dat daar ook reeds meer as ‘n duisend internetskrywers agter tralies is. Oor presies waar die grens tussen persvryheid en
Motief vir moord op Teazers-eienaar onbekend
Die motief agter die moord op die omstrede Teazers-eienaar Lolly Jackson is nog nie bekend, het die Gauteng polisie Dinsdagoggend gesê. “Ons weet nie wat die motief is op hierdie stadium …. en ja ons kan bevestig dat die slagoffer Lolly Jackson is,” het woordvoerder Kolonel Euguene Opperman gesê. Hy kon nie sê of enige
Minister gaan Aurora ondersoek
Die minister van Arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, het ‘n ondersoek geloods by die Aurora-mynmaatskappy omdat geen betalings vir werkloosheidversekering ontvang is nie. Dit volg nadat mnr. Pieter Groenewald, parlementslid en leier in Noordwes van die Vryheidsfront Plus, ‘n vraag in die parlement hieroor gevra het. In antwoord op die vraag het Mdladlana erken dat geen
Wie is die ergste media-predatore?
Is pres. Robert Mugabe of pres. Kim Il Jung van Noord-Korea die wêreld se ergste media-roofdier? Nie een van die twee nie, aldus Verslaggewers sonder Grense se lys van die 40 voorste verkragters van persvryheid, wat ter herdenking van mediavryheidsdag bekend gemaak is. Trouens, koning Mswati III van Swaziland vaar swakker as Mugabe, en behaal
Persvryheiddag
“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het met kommer kennis geneem van die aantal regeringshoofde met wie Suid-Afrika noue bande handhaaf, wat op Verslaggewers sonder Grense se lys van media-muishonde voorkom. “Dit sluit die leiers van Swaziland, Zimbabwe, Rwanada, Kuba en Tunisië in,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP. “Die webwerf van Verslaggewers Sonder Grense
‘Omdat julle wit is en vryheidsliedjies sing’
“Omdat julle wit is en vryheidsliedjies sing,” was die polisie se verklaring nadat hulle ‘n oormag swaar gewapende swart polisiemanne in ’n Afrikaanse kroeg losgelaat het, vroue gemolesteer het, besittings gesteel het en rassistiese aanmerkings teenoor die oorblufte gaste geuiter het. Selfs die sanger MD Greyling, wat die aand in Le Cafe Des Sports in Ellisras
Plakkers bedreig Wesmoot
Die Vryheidsfront Plus het die wrede en onverdiende aanval Saterdagoggend op die tagtigjarige mnr Jan du Toit, van die Kameeldrift-wes hoewes, ten sterkste veroordeel. Die verteenwoordiger van die VF Plus in die Wesmoot, Philip van Staden, het in reaksie op die aanval gesê dat die regering direk verantwoordelik gehou moet word vir hierdie dade. Hy
Uit O se kombuis
free casino no deposit bonusлобановский класс
Beplanningskommissie
Niemand sal nou betwis dat Suid-Afrika kan doen met ‘n beplanningskommissie nie. Die gety na ‘n vorm van tegnokrasie volg egter na ‘n lang tyd van miskenning waar politieke kommissarisse die poste en ampte opgeneem het van mense wat moes sorg dat die land op al sy silinders loop. Dat dit nie gebeur het nie,
Matabeles wil teen Noord-Korea se sokkerspan betoog
‘n Opposisiegroep in Harare het onderneem om teen Noord-Koreaanse sokkerspelers, wat beplan om voor die Wêreldbekersokkertoernooi in die Zimbabwiese hoofstad te oefen, te betoog. Die Zimbabwe African People’s Union het Donderdag gesê dat mense in Zimbabwe se westelike provinsie van Matabeleland nog nie vir Noord-Korea vergewe het dat hulle troepe opgelei het wat in die
Lees verder: Matabeles wil teen Noord-Korea se sokkerspan betoog
