Suid-Afrika het uitendelik ‘n tree gegee om tot die “elite” groepering van Bric-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) te tel, nadat ondersteuning deur China en Rusland vir Pretoria se toetrede gekom het. Daar word verwag dat Suid-Afrika formeel aanvaar sal word as ‘n nuwe lid in April. Bric sal dan Brics word. Maar wat behels
ANC wil ‘Skiet-die-boer’ behoue sien
Die ANC sal aansoek om verlof doen sodat die party kan toetree tot die haatspraaksaak teen die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Maandag gesê dié aansoek sal Dinsdag in die Hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word. “Ja, ons tree tussenbeide, omdat liedere van bevryding nie ‘n Malema-kwessie is
ANC teen tolhekke in Gauteng
Die ANC in Gauteng wil die kontroversiële tolhekstelsel wat vir dié provinsie beoog word, met partyleiers op nasionale vlak bespreek. Voorsitter van die ANC in Gauteng, David Makhura, sê die party is teen die “onredelike hoë kostes” van die voorgestelde fooie gekant. Die tolhekstelsel, wat Sanral in Junie wil loods, sal 42 elektroniese tolhekke op
Internasionale moedertaaldag
Die VF Plus-jeug het vandag op Internasionale Moedertaaldag die feit dat die regering moedertale en moedertaalonderwys afskeep, veroordeel. “Die VF Plus dring daarop aan dat die regering uitvoering aan die Grondwet moet gee met praktiese en daadwerklike maatreëls om die status van alle amptelike tale te verhoog. Engels word deur slegs 8% van die Suid-Afrikaanse
Inligtingswet kan in Grondwethof draai
“Die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting sal heel waarskynlik nie net in die Grondwethof betwis word nie, maar sal op ‘n tegniese punt na die Parlement terug verwys word,” sê dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep. “Die spesiale ad hoc komitee wat tans met die wetgewing in die Parlement werk en dit volgens die
Libië by breekpunt
Dit wil voorkom asof die onrus in Libië versprei van die ooste van die land na die hoofstad Tripoli. Volgens die eerste verslae, was swaar geweervuur gehoor in die sentrale deel van Tripoli asook ander distrikte. Die Libiese lugmag het militêre installasies in Libië aangeval, volgens die BBC. Al Jazeera sê dat lugmagvegters op skares
VF Plus soek ‘kleiner’ regering
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat ’n “groot, sosialistiese regering” in Suid-Afrika te duur asook onvolhoubaar vir die land se krimpende belastingbasis word. Die VF Plus het ook gesê dat hoë belasting en oor-ambisieuse sosiale programme, probleme soos werkloosheid en korrupsie fasiliteer. Die VF Plus het die verklaring gemaak in die lig van mnr. Pravin
Onrus in Iran, Algerië, Jemen, Marokko en China
Vreedsame optogte in Marokko, maar geweld breek uit elders in die Midde-Ooste en Chinese polisie onderdruk onrus. Só lui hoofopskrifte die wêreld oor. Duisende het die naweek die strate van Rabat, Casablanca, Tangier en Marrakech ingevaar in vreedsame protes om aan te dring op ‘n nuwe grondwet, ‘n verandering in die regering en ‘n einde
Lees verder: Onrus in Iran, Algerië, Jemen, Marokko en China
Ondersoek kom na 6 onwettige dokters
Die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe gaan ‘n oudit doen van dokters wat in Suid-Afrika werk, indien ‘n ondersoek na dokters wat onwettig in die land praktiseer op krake in die stelsel dui. Die President van Gesondheidsberoepe, Sam Makogong, sê hulle sal saam met die Valke werk nadat ses onwettige dokters in hegtenis geneem is. Hy
Mbeki reis duurder as Zuma
Oudpres. Thabo Mbeki se reise na Soedan tussen April 2009 en Oktober verlede jaar het belastingbetalers R20.5 miljoen gekos, het die Sunday Times-koerant berig. Dit sluit nie 11 privaat vlugte in asook Mbeki se besoeke tot dusvêr vanjaar in nie. Direkteur-generaal Cassius Lubisi het in ‘n interne presidensiële memorandum gekla oor Mbeki se reiskoste en
