Inligtingswet kan in Grondwethof draai

“Die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting sal heel waarskynlik nie net in die Grondwethof betwis word nie, maar sal op ‘n tegniese punt na die Parlement terug verwys word,” sê dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep.

“Die spesiale ad hoc komitee wat tans met die wetgewing in die Parlement werk en dit volgens die reëls van die Parlement voorberei om aan die Parlement voor te lê, is tans functus officio en bestaan dus nie meer nie. Die mandaat van die ad hoc-komitee wat die wet oorweeg, het op 28 Januarie verval en die adjunk-Speaker se verlenging daarvan was buite die reëls van die Parlement. Dit beteken dat ‘n komitee wat nie meer bestaan nie – voortgaan met werksaamhede. Dit sal verder beteken dat die ad hoc komitee gewysigde wetgewing aan die Parlement gaan voorlê wat ultra vires is,” het dr. Mulder bygevoeg.

Sonder dat daar eers op die meriete van die omstrede wet ingegaan hoef te word, sal die Grondwethof heel waarskynlik vanweë hierdie basiese tegniese oorsig deur die ANC-regering die wetgewing onkonstitusioneel verklaar. Die ironie is, dat die ANC se senior leierskap in die Parlement verlede Woensdag hieroor gewaarsku is, maar hulle nie daaraan gesteur het nie.

Die VF Plus vind hierdie optrede van die ANC onaanvaarbaar en sal voortgaan om die aanvaarding van die wetsontwerp te beveg.

раскрутка сайтаФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae