Libië by breekpunt

Dit wil voorkom asof die onrus in Libië versprei van die ooste van die land na die hoofstad Tripoli. Volgens die eerste verslae, was swaar geweervuur gehoor in die sentrale deel van Tripoli asook ander distrikte.

Die Libiese lugmag het militêre installasies in Libië aangeval, volgens die BBC. Al Jazeera sê dat lugmagvegters op skares betogers gevuur het.

Volgens vroeëre berigte van Al Jazeera is 61 mense reeds dood. Ander onbevestigde verslae sê betogers het die hoofkwartier van die Al-Jamahiriya Twee televisie en Al-Shababia aangeval sowel as ander regeringsgeboue oornag in Tripoli.

British Petroleum het na bewering gesê hy gaan sy personeel uit Libië ontruim en skort sy aktiwiteite as gevolg van massiewe onrus op. Die Spaanse minister van buitelandse sake Trinidad Jimenez het gesê dat EU-lidlande die moontlike ontruiming van die Europese burgers uit Libië koördineer.

‘n Vliegtuig van Turkish Airlines was vir Turkse burgers gereël om hulle uit Benghazi te ontruim, maar is geweier deur Libiese owerhede en het teruggekeer na Turkye.

Besonderhede is skraps met betrekking tot die aantal betogers en die erns van die botsings in Tripoli. Botsings tussen die betogers en die veiligheidsmagte vind plaas in meestal die oostelike stede van die land en in Benghazi in die besonder, waar die opposisie van die Libiese leier Moammar Gadhafi gekonsentreer is.

Seif al-Islam, een van die leier se seuns, het in ‘n toespraak gesê dat hy die goedkeuring van sy vader en elemente binne die militêre opset het, en dat die weermag en nasionale wag sal optree teen “oproerig elemente” om die verspreiding van onrus te keer.

Tog werp onbevestigde berigte van soldate wat dros in Benghazi en Al Bayda in die ooste van Libië gister, en die onrus in Tripoli tans, ‘n beslissende mate van twyfel oor die regime se vermoë om te reken op die volle lojaliteit en die vermoë van die weermag om die situasie onder beheer te hou.

 

медсправка для гаи купитьФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae