Die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe gaan ‘n oudit doen van dokters wat in Suid-Afrika werk, indien ‘n ondersoek na dokters wat onwettig in die land praktiseer op krake in die stelsel dui.
Die President van Gesondheidsberoepe, Sam Makogong, sê hulle sal saam met die Valke werk nadat ses onwettige dokters in hegtenis geneem is.
Hy sê hulle het die Valke se kennis nodig en hulle inligting sodat hulle kan weet hoe om op te tree.
Makogong sê indien die ondersoek en inligting aan die lig bring dat daar wel probleme met die stelsel is, sal ‘n oudit gedoen word van alle buitelandse dokters wat geregistreer is.
