ANC teen tolhekke in Gauteng

Die ANC in Gauteng wil die kontroversiële tolhekstelsel wat vir dié provinsie beoog word, met partyleiers op nasionale vlak bespreek.

Voorsitter van die ANC in Gauteng, David Makhura, sê die party is teen die “onredelike hoë kostes” van die voorgestelde fooie gekant.

Die tolhekstelsel, wat Sanral in Junie wil loods, sal 42 elektroniese tolhekke op die N1, N3, N12, N17, R21, en R24 hê.

Makhura meen talle mense sal nie meer Gauteng besoek nie omdat daar alreeds nie ‘n bekostigbare vervoerstelsel is nie en die tolhekke dit nog duurder gaan maak.

Hy sê alhoewel die provinsiale regering ingelig is oor die besluit om die tender aan ‘n Oostenrykse maatskappy toe te staan, is nie die provinsie, die ANC of die provinsiale wetgewer geraadpleeg nie.

Hy sê die 66c/km wat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap beoog om te vra is “onredelik hoog”.

 

интерьерФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae