Suid-Afrika het tans ongeveer 40 000 kommersiële boere wat 95 persent van die land se voedsel produseer, sê minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel. Hy het Dinsdag in Johannesburg gepraat. Slegs ongeveer 600 000 mense word egter erken as plaaswerkers in hierdie sektor, maar dié sektor is nogtans geïdentifiseer as sou hulle oor die potensiaal
40% van EU is geestesongesteld
Europeërs word deur geestelike en neurologiese siektes geteister, met byna 165 miljoen mense of 38 persent van die bevolking wat aan ‘n breinsiekte, soos depressie, angs, slapeloosheid of demensie, ly, volgens ‘n omvattende nuwe studie. Met slegs sowat ‘n derde van die gevalle wat terapie of die medikasie wat nodig is, ontvang, veroorsaak geestelike siektes
VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet
Die Vryheidsfront Plus gaan die Inligtingskonsepwet in terme van artikel 80 van die grondwet na die Konstitusionele Hof verwys weens die gebrek aan die insluiting van die ‘openbare belang’-verweer. Dit is van die uiterste belang dat die verweer om inligting in die openbare belang bekend te maak bygewerk word ten einde die reg op inligting
Lees verder: VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet
Manuel verwerp DA toenadering
Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, het Maandag ontsteld op die DA se pogings tot toenadering gereageer wat deur Wikileaks gelek is. ‘n Berig het Maandag in die Volksblad verskyn waarin gemeld word dat Manuel samesprekings met Helen Zille, DA-leier, gevoer het oor die moontlikheid om ‘n DA-lid te word. “Nee, nee, nee. Dit is absolute
Onderwysminister ‘geskok’ oor lae standaard
Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het haar skok uitgespreek dat onderwysgehalte in Suid-Afrika besonder laag is. Motshekga het Maandag meer aan 800 hoofde van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) gesê die onlangse nasionale assesseringsuitslae (ANA) wys dat die standaard buitengewoon swak is omdat 70% van die land se leerlinge ver onder die verwagte vlakke presteer. “Ek was
Nuuskommentaar op video
Dan Roodt lewer op video kommentaar oor die dag se nuusgebeure. Hy praat oor Malema, die daling in internasionale aandelebeurse, die Afrikanervergadering verlede Saterdag en Cosatu se kommentaar op die ongelyke verdeling van rykdom in Suid-Afrika. Klik hier. Александр Фильчаков
Afrikanereenheid mag volg ná historiese vergadering
Die vergadering wat Saterdag 3 September deur mnr. Jaap Kelder se NBU en PRAAG gereël is, het ‘n kantonale oplossing vir Suid-Afrika bespreek, maar ook die gedagte van ‘n strategiese toekomsplan vir die Afrikaner. Uiteindelik is twee komitees aangewys om albei prosesse voort te sit. PRAAG het gesorg dat die vergadering direk op die internet
Lees verder: Afrikanereenheid mag volg ná historiese vergadering
Wikileaks: Bob se dae teen 2013 getel
Robert Mugabe se bankier het aan ‘n Amerikaanse ambassadeur gesê die president het prostaatkanker wat teen 2013 tot sy dood sal lei, het gelekte dokumente van die Amerikaanse ambassade getoon. Gideon Gono, hoof van die sentrale bank, het dié aanmerkings in Junie 2008 aan James McGee gemaak, toe Zimbabwe geteister is deur verkiesingsgeweld ná Mugabe
ANC-Jeugleier geskiet
‘n Voormalige streeksleier van die ANC-Jeugliga in Mpembeni buite Empangeni is Saterdagmiddag deur die KwaZulu-Natalse polisie binne sy huis doodgeskiet, het die ANC gesê. “Ons kameraad Qinisani Gwala is gisternag deur die polisie binne sy huis doodgeskiet. Ons veroordeel die voorval,” het Thulani Mashaba, ANC-voorsitter van die Noordkus-streek, Sondag gesê. Hy het gesê Gwala was
Mogoeng lag DA-besware af
Regter Mogoeng Mogoeng sal as Suid–Afrika se hoofregter dien, aangesien die meerderheid (16 teenoor 7) van die Regterlike Dienskommissie (RDK) se 23 lede hul steun aan hom toegesê het. Hy is die enigste kandidaat vir die pos van hoofregter nadat hy deur pres. Zuma benoem is om regter Sandile Ngcobo te vervang wat in Julie aangekondig
