Gideon Gono, hoof van die sentrale bank, het dié aanmerkings in Junie 2008 aan James McGee gemaak, toe Zimbabwe geteister is deur verkiesingsgeweld ná Mugabe se nederlaag teen Morgan Tsvangirai in die eerste verkiesingsronde in Maart.
Dié aantygings sal ‘n verleentheid wees vir die Zanu-PF-afdeling van Zimbabwe se wankelrige magsdeling-administrasie, waartoe Mugabe en Tsvangirai in September 2008 ingestem het.
Ondanks gereelde bespiegeling oor Mugabe se gesondheid, aangewakker deur sy besoeke aan Asië, weier top-beamptes van Zanu-PF om te erken dat Mugabe (87) ‘n gesondheidsprobleem het.
George Charamba, woordvoerder van die president, het gesê die vyf besoeke wat Mugabe vanjaar aan Asië afgelê het, was nodig weens ‘n katarak-operasie wat Mugabe in Januarie moes ondergaan en rugbeserings wat sy vrou, Grace, opgedoen het toe sy in die egpaar se huis geval het.
“President Robert Mugabe het prostaatkanker wat vererger het en volgens dokters sal dit binne drie tot vyf jaar tot sy dood lei,” het Wikileaks-dokumente wat Sondag in Harare beskikbaar gemaak is, gelui.
“Mugabe se dokter… het aanbeveel dat hy minder aktief moet wees,” het die dokumente gelui.
Zimbabwe se Sunday Mail – wat deur Zanu-PF beheer word – het onverwags ook berig oor die gelekte dokumente in ‘n blykbare teken van groeiende onenigheid binne die party.
Mugabe lei Zimbabwe sedert 1980.
Gono het volgens aanlyn-berigte in Zimbabwe ontken dat hy dié opmerkings gemaak het.
