Afrikanereenheid mag volg ná historiese vergadering

Die vergadering wat Saterdag 3 September deur mnr. Jaap Kelder se NBU en PRAAG gereël is, het ‘n kantonale oplossing vir Suid-Afrika bespreek, maar ook die gedagte van ‘n strategiese toekomsplan vir die Afrikaner. Uiteindelik is twee komitees aangewys om albei prosesse voort te sit.

PRAAG het gesorg dat die vergadering direk op die internet uitgesaai word en ongeveer 55 mense het dit interaktief gevolg, benewens die 80 mense wat die fisieke vergadering in die Centurion- munisipale raadsaal gevolg het. PRAAG sal voortaan gereeld politieke en filosofiese webinare aanbied waaraan mense regoor die wêreld kan deelneem om sodoende ‘n ideologiese en politieke basis aan die Afrikanervryheidstryd te verleen.

Organisasies en politieke partye waarvan verteenwoordigers die vergadering bygewoon het, is: Die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), PRAAG, die Afrikanerbond, die Vryheidsfront Plus, die African Christian Democratic Party en Boerevryheidstigting. Die voorsitter van die Afrikanerfront, mnr. Andries Breytenbach, wat ‘n vorige vergadering bygewoon het, was afwesig.

Hoewel alle Afrikaanse organisasies nie teenwoordig was nie, het die vergadering op ‘n sterk noot van onderlinge samewerking afgesluit. By die volgende geleentheid oor ongeveer ‘n maand, sal daar gepoog word om elke moontlike Afrikaanse organisasie te betrek.

Die momentum na groter Afrikanereenheid wat Saterdag opgebou is, kom reeds vanaf die einde van die negentigerjare toe allerlei samesprekings tussen Afrikanerorganisasies plaasgevind het, onder andere in Mei 2000 te Hammanskraal toe die Groep van 63 gestig is. Vanaf 31 Mei 2003 het PRAAG deur middel van vergaderings in die Ou Raadzaal op Kerkplein verdere stimulus aan die proses verleen. Binne die FAK- en Solidariteitgroepering is die Afrikaanse Burgerlike Netwerk opgerig wat insgelyks gepoog het om Afrikaanse organisasies nouer saam te snoer.

Mnr. Jaap Kelder sal voortgaan om onder die vaandel van die NBU die plaaslike kantons te organiseer, hoewel hierdie kantons dikwels multikultureel van aard is en daarom mobilisering op ‘n Afrikanergrondslag uitsluit.

Intussen sal die verteenwoordigers op die strategiese toekomskomitee, waaronder mnr. Pierre Hough, dr. Dan Roodt en mnr. Werner Weber voortgaan om ander organisasies te nader met die oog op globale Afrikanersamewerking. Mnr. Botha Laubscher sal as die sameroeper optree.

Van die sprekers, soos mnr. Christo Kotze en dr. Johann Wingard, het die dringendheid van optrede om Afrikaners in een beweging saam te snoer, beklemtoon. Die vele bedreigings wat daar tans sigbaar en voelbaar is, soos radikale grondhervorming en nasionalisering, maak dit gebiedend noodsaaklik.

‘n Volledige video-opname van die verdadering sal ook binnekort op YouTube beskikbaar wees.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae