Minister wil kleinboere help

Suid-Afrika het tans ongeveer 40 000 kommersiële boere wat 95 persent van die land se voedsel produseer, sê minister van ekonomiese ontwikkeling, Ebrahim Patel. Hy het Dinsdag in Johannesburg gepraat.

Slegs ongeveer 600 000 mense word egter erken as plaaswerkers in hierdie sektor, maar dié sektor is nogtans geïdentifiseer as sou hulle oor die potensiaal  beskik om werk te skep.

Patel het gesê dat die wetgewing plaaswerkers se salarisse tot “net” oor die R1000 vasgestel het, maar ten minste die helfte van die arbeidsmag word minder as R100 ‘n maand betaal.

Baie van hulle werk is gekoppel aan akkommodasie, en dit maak van hulle ‘n kwesbare sektor, het Patel gesê. Klein grondeienaars kan skaars hul lappies grond bestuur om genoeg te groei vir hulself.

Patel het gesê dat grondhervorming nie langer kan bly stilstaan by die uitdeel van grond nie.

Die landbou-sektor se persentasie van die BBP het van vier persent in 1994 tot sowat twee persent gedaal. Kleiner boere moet hulp met die bemarking, vaardighede, toegang tot finansiering vir toerusting, brandstof en kunsmis ontvang, volgens Patel.

Hy het ‘n beroep op die Food and Allied Workers Union (Fawu) se lede gedoen om hierdie sektor te organiseer om te help met die regering se planne om koöperasies te bou en om meer mense te kry om kommersieel te produseer.

Hy was die spreker by Fawu se nasionale kongres, wat in Braamfontein gehou word.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae