40% van EU is geestesongesteld

Europeërs word deur geestelike en neurologiese siektes geteister, met byna 165 miljoen mense of 38 persent van die bevolking wat aan ‘n breinsiekte, soos depressie, angs, slapeloosheid of demensie, ly, volgens ‘n omvattende nuwe studie.

Met slegs sowat ‘n derde van die gevalle wat terapie of die medikasie wat nodig is, ontvang, veroorsaak geestelike siektes ‘n groot ekonomiese en maatskaplike las – gemeet aan honderde biljoene Euros – omdat lyers te ongesteld is vir werk en omdat persoonlike verhoudings aangetas word daardeur.

“Geestesversteurings het Europa se grootste gesondheidsuitdaging van die 21ste eeu geword,” het die studie se opstellers gesê.

Terselfdertyd deins ‘n paar groot farmaseutiese maatskappye terug van beleggings in navorsing oor hoe die brein werk en gedrag beïnvloed, en dit plaas die onus op regerings en liefdadigheidsorganisasies om befondsing vir neurowetenskap te bekom.

“Die geweldige behandelingsgaping … vir geestelike afwykings moet oorbrug word,” sê Hans Ulrich Wittchen, direkteur van die Instituut van kliniese sielkunde en psigoterapie by Duitsland se Dresden Universiteit en die hoofondersoeker van die Europese studie.

Wittchen het ‘n drie-jaar studie van 30 Europese lande – die 27 Europese-Unie lidstate plus Switserland, Ysland en Noorweë – wat altesaam ‘n bevolking van 514 miljoen mense het, gelei.

Wittchen se span het sowat 100 siektes gedek, van al die groot geestesongesteldhede soos angs, depressie, verslawing en skisofrenie, sowel as belangrike neurologiese versteurings, insluitend epilepsie, Parkinson’s en veelvuldige sklerose.

Die resultate is gepubliseer deur die Europese Kollege van Neuropsychopharmacology (ENCP) en toon ‘n “baie hoë las” van die geestes- en breinsiektes.

Geestelike siektes is ‘n belangrike oorsaak van dood, ongeskiktheid, en ekonomiese las wêreldwyd en die Wêreld Gesondheid Organisasie voorspel dat teen 2020, depressie die tweede grootste bydraer tot die globale las van siektes oor alle ouderdomme sal wees.

Die laaste groot Europese studie van die breinafwykings, wat in 2005 gepubliseer is, dek ‘n kleiner bevolking van sowat 301 miljoen mense, het bevind dat 27 persent van die volwasse bevolking van die Europese-Unie aan geestelike siektes ly.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae