VF+ vra Grondwethof om in te gryp in Inligtingswet

Die Vryheidsfront Plus gaan die Inligtingskonsepwet in terme van artikel 80 van die grondwet na die Konstitusionele Hof verwys weens die gebrek aan die insluiting van die ‘openbare belang’-verweer. Dit is van die uiterste belang dat die verweer om inligting in die openbare belang bekend te maak bygewerk word ten einde die reg op inligting in terme van artikel 32 van die grondwet na behore te eerbiedig.

“Die beginsel is juis soveel meer van belang om korrupsie in die regering aan die kaak te stel gegewe die korrupsieplaag wat endemies aan die ANC-regering geword het. Dit blyk egter nou dat die konsepwet aanvaar gaan word sonder om die verweer in te sluit en daarom sal die VF Plus gebruik maak van artikel 80 sodat die Konstitusionele Hof kan besluit of die weglating van die verweer grondwetlik is, al dan nie. Ons glo egter dat die weglating van die verweer te veel mag aan die regering gee om inligting as vertroulik te klassifiseer en sal daarom nie die konstitusionele toets deurstaan nie. Die Konstitusionele Hof sal moontlik ook kan help om die verweer van ‘openbare belang’, wat ook te vinde is in die Mediakode, verder te omskryf sodat dit nie sonder meer misbruik kan word nie. Dis belangrik dat ‘n goeie balans daargestel word tussen wat die publiek mag weet en wat in hulle belang is en wanneer die staat en individue se regte wesenlik aangetas word. Hierin kan die Konstitusionele Hof ‘n groot rol speel,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor kommunikasie gesê.

topcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae