Manuel verwerp DA toenadering

Trevor Manuel, beplanningsminister in die presidensie, het Maandag ontsteld op die DA se pogings tot toenadering gereageer wat deur Wikileaks gelek is.

‘n Berig het  Maandag in die Volksblad verskyn waarin gemeld word dat Manuel samesprekings met Helen Zille, DA-leier, gevoer het oor die moontlikheid om ‘n DA-lid te word.

“Nee, nee, nee. Dit is absolute snert. Dit is een mens se mening, nie myne nie. Ek was nog nooit by enige gesprekke hieroor betrokke nie,” het Manuel aan media24 gesê.

Volgens die berig sou Athol Trollip, parlementêre leier van die DA, in Februarie verlede jaar aan Donald Gips, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, laat blyk het dat Zille bereid was om as leier terug te staan as Manuel sou besluit om die ANC te verlaat. Gips het dié inligting in ‘n vertroulike boodskap aan sy regering gestuur, en dié boodskap is aan Wiki-Leaks uitgelek.

Trollip het ook glo gesê dat Manuel, die slimste lid van die ANC, nie tevrede is met die ANC nie. Manuel het dié stellings verwerp en gesê hy gaan nie weer daarop kommentaar lewer nie.

Zille het in reaksie gesê dat sulke kontak uiteraard weens die sensitiewe aard daarvan vertroulik is.

 

лобановский александр досье

Maak 'n opvolg-bydrae