Tot die onsteltenis van die liberale kliek en tot my eie verligting, het die NSA nou uiteindelik begin om die lang verwagte regressiepad te stap. Ek kon die volgehoue voorspoed van die NSA net nie verklaar nie. Die boodskap kom nou hard en duidelik deur, ja selfs hier in Engeland, dat dinge nie goed gaan met die ANC-regering nie. In hierdie week nog het die BBC op hulle Panoramaprogram 'n minder rooskleurige prentjie van die NSA en sy regering geskets.
So lyk SA oor 20 jaar…

Vyf, ses jaar gelede het ek in Rapport geskryf dat Suid-Afrika op ʼn Zimbabwe afstuur. Destyds is sulke kommentaar honend deur Suid-Afrika se koor aartsoptimiste begroet wat my gewys het op “die beste grondwet ter wêreld”, die groeiende ekonomie, “goeie rasseverhoudinge” en dergelike meer. Toentertyd het ek soos ʼn pretbederwer gevoel deur mense te wys op die onontwykbare realiteite van transformasie en die anti-blanke ideologie wat daarmee saamhang.