Botswana vra groen hulp

Botswana het nagenoeg R1 miljard per jaar nodig om klimaatsverandering te beveg wat meestal gebruik sal word om die uitset van kweekhuisgasse van sy kragstasies te verminder. Kitso Mokaila, minister van omgewingssake, het Woensdag voor sy vertrek na Kopenhagen gesê Botswana is baie afhanklik van termiese krag soos steenkool en benodig veiliger tegnologieë om kweekhuisgasuitsette

Lees verder: Botswana vra groen hulp

Die geskiedenis kan seer byt

Vroeër vanjaar het die Nederlandse regering die kop van ‘n eertydse koning van ‘n Ghanese stam aan nasate terugbesorg – die afloop van ‘n bykans vergete era toe Nederland koloniale heerskappy oor daardie deel van Afrika gevoer het. Pas het dit aan die lig gekom dat die weduwees van Indonesiese mans wat 62 jaar gelede

Lees verder: Die geskiedenis kan seer byt

Platinummyne moet eerste genasionaliseer word

Die ANC se Jeugliga-president Julius Malema sê goud- en platinummyne moet eerste genasionaliseer word omdat hulle die winsgewendste is. Markte sal nie afgeskrik word deur daaroor te praat nie, het hy gesê. Malema het Maandag by SASCO se kongres by die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban ‘n waarderende gehoor toegespreek.. “Ons moet kyk na winsgewende

Lees verder: Platinummyne moet eerste genasionaliseer word

VF+ gee ANC punte

Die VF Plus het vanjaar vir die sewende opeenvolgende jaar ‘n evaluering (rapport) van die ANC se prestasie gedoen aan die hand van spesifiek daardie sake wat vanuit die oogpunt van die deursnee VF Plus-kieser van belang is. Die sake wat geëvalueer is, is – · misdaadbekamping · regspleging · plaaslike regering · onderwys ·

Lees verder: VF+ gee ANC punte

Doodstraf vir gay Oegandese

Voorgestelde wetgewing in Oeganda wil homoseksualiteit met die dood straf. Familielede en vriende van homoseksuele sal voorts tot sewe jaar tronkstraf opgelê kan word indien hulle nie ‘n gay persoon by die owerhede gaan aangee nie. Selfs verhuurders van eiendomme kan opgesluit word indien hulle huisvesting aan gays verskaf. Gayregteaktiviste sê dié wetgewing is deel

Lees verder: Doodstraf vir gay Oegandese

Gaan die klere waai?

Nog ‘n bul is kaalhande in ‘n Zoeloeritueel doodgemaak, en die hof het nié ‘n stokkie daarvoor gesteek nie. Die organisasie, Peta, People fort he ethical treatment of animals, wat baie prominent was in hierdie sage, is egter nie ‘n katjie wat sonder handskoene aangepak kan word nie, en dit laat ook nie sommer los

Lees verder: Gaan die klere waai?

Volstruispolitiek of sluimer en slaap intelligensiedienste?

Een van die belangrikste redes waarom state groot bedrae geld aan Intelligensiedienste bestee is om die regering van behoorlik geëvalueerde inligting te voorsien. Twee opdragte wat intelligensie-beamptes by aanstelling kry is dan ook om slegs die waarheid, maak nie saak hoe ongewild nie, aan die regering te rapporteer en om geen onwettige opdrag uit te

Lees verder: Volstruispolitiek of sluimer en slaap intelligensiedienste?

Mugabe weer vir vyf jaar verkies

Pres. Robert Mugabe se party het besluit dat hy as leier van dié party sal aanbly vir ten minste die volgende vyf jaar, het amptenare Dinsdag gesê. Die Politburo van die party, vanjaar 46 jaar oud, het die besluit Maandag, net voor sy vyf-jaarlikse kongres wat later hierdie week sal plaasvind, geneem. Dié liggaam het

Lees verder: Mugabe weer vir vyf jaar verkies

Betogers steek N12 onder klippe

Motoriste is deur klipgooiers begroet by die Lenasia-afrit van die N12 Dinsdagaand, het die Johannesburgse metropolisie gesê. “Dit is tans onveilig vir motoriste om op die N12 te reis,” het senior Superintendent Wayne Minnaar gesê. Betogers  is reeds ‘n uur lank besig om klippe te gooi en die pad af te sper met brandende bande.

Lees verder: Betogers steek N12 onder klippe