Platinummyne moet eerste genasionaliseer word

Die ANC se Jeugliga-president Julius Malema sê goud- en platinummyne moet eerste genasionaliseer word omdat hulle die winsgewendste is. Markte sal nie afgeskrik word deur daaroor te praat nie, het hy gesê.

Malema het Maandag by SASCO se kongres by die Universiteit van KwaZulu-Natal in Durban ‘n waarderende gehoor toegespreek..

“Ons moet kyk na winsgewende minerale as diesulkes wat eerste geteiken behoort te word. Platinum word geredelik in Rustenburg aangetref omdat dit maklik gemyn word vanweë die vlakheid daarvan. Dieselfde geld vir steenkool in Witbank.”

Hy het ook gesê dit is nie ‘n ingewikkelde proses om myne in privaatbesit oor te dra na die staat nie. “Dit het in Botswana gebeur waar De Beers in vennootskap met die staat getree het. “Die staat besit 60% van sy minerale en De Beers betaal selfs belasting.”

Hy het waarskuwngs dat die markte praatjies van nasionalisering negatief sal interpreteer afgelag en gesê: “Ons word vertel dat ons die markte die skrik op die lyf gaan jaag as ons aanhou om oor hierdie onderwerp te praat. As die markte iets wil hê sal hulle bly. Markte hou aan in lande waar daar burgeroorlog is, bestaan.”

Een van die hoofredes vir die Jeugliga se oproep om nasionalisering is om ongelykhede aan te spreek. “Die gaping tussen ryk en arm is baie groot. Wit mans is steeds ryk. Hierdie kwessie moet opgelos word.”

Malema het erken dat hy nie ekonomie verstaan nie en swak punte in sy matriekeksamen behaal het. Hy weet egter, sê hy, dat die staat ‘n beherende aandeel in die mynbounywerheid moet hê.

Hy het ook ekonomiese vryheid hoog aangeprys en ‘n gebrek aan opvoeding as die rede vir mense se afhanklikheid van die staat gegee.

Hy het die media uitgesonder vir kritiek en gesê hulle is te negatief oor president Zuma.

— 

интернет магазин малышОлександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae