Botswana het nagenoeg R1 miljard per jaar nodig om klimaatsverandering te beveg wat meestal gebruik sal word om die uitset van kweekhuisgasse van sy kragstasies te verminder.
Kitso Mokaila, minister van omgewingssake, het Woensdag voor sy vertrek na Kopenhagen gesê Botswana is baie afhanklik van termiese krag soos steenkool en benodig veiliger tegnologieë om kweekhuisgasuitsette te verminder.
Botswana stel tans 0.4% van die wêreld se kweekhuisgasse vry, meestal omdat lande in Suidelike-Afrika van hul steenkool kragsentrales afhanklik is.
Volgens hom sal dié fondse ook gebruik word in die proses om oor te skakel na bronne soos sonkrag wat nie skade aan die omgewing veroorsaak nie.
“Botswana het baie sonskyn wat gebruik kan word om krag op te wek, maar ons het fondse nodig vir toerusting om dit te kan gebruik. Om daardie rede sal ons vra om hulp hiermee,” het Mokaila gesê.
