Gallup en Wit Huis knor vir mekaar oor Obama se gewildheid

Na ‘n Gallup-peiling Maandag aan pres. Barack Obama ‘n 47 % druipsyfer, die laagste sedert hy president geword het, besorg het, het Robert Gibbs, die Wit Huis se perssekretaris lippie getrek en gesê selfs ‘n sesjarige met ‘n vetkryt kan Gallup dit nadoen. Hy het ook aangetoon dat hy hom weinig aan die peilings se “betekenisloosheid” steur.

Gallup se hoofredakteur, Frank Newport, het egter op sy blog omsigtig op Gibbs se kritiek gereageer.

“Ek het dié soort reaksie al dikwels gesien wanneer verkose verteenwoordigers met syfers gekonfrontteer waarvan hulle nie hou nie.

Newport het voorts op die belangrikheid van peilings in die periodes tussen verkiesings gewys en dit as onontbeerlik vir demokrasie beskryf. “So weet verkose verteenwoordigers waar hulle met die publiek staan.”

выбрать бензиновый илиФильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae