Wit aansoekers is hoogs ontsteld want, sê hulle, die New Yorkse brandweer (FDNY) pas omgekeerde diskriminasie toe. Daar was kwade gevoelens en rassespanning toe wit aansoekers buite bly staan het tydens ‘n voorbereidingsklas Woensdagaand, berig CBS 2. “Dit was nie ‘n goeie gevoel nie. Dit het gevoel soos diskriminasie,” het een van die wit kandidate
Poetin in trane na oorwinning
Wladimir Poetin was in trane na sy oorwinning in ‘n verkiesing wat sal sorg dat hy vir ‘n derde termyn as president sal dien. Met meer as 90 persent van die stemme getel Sondagnag, was dit duidelik dat die voormalige spioen wat Russiese politiek vir die afgelope twaalf jaar oorheers, reeds op 65 persent staan.
Fotograaf hof toe oor ‘bloody kaffir’
Die bekroonde swart fotograaf Alf Kumalo gaan ‘n man hof toe neem omdat hy hom ‘n “bloody kaffir” in ‘n restaurant genoem het en gedreig het om hom seer te maak, volgens ‘n berig wat Maandag verskyn het. The Star koerant het gesê die voorval het op 29 Januarie by die Ocean Basket in Sunninghill,
FB red ma en seun
‘n Pretoriase ma wat deur twee gewapende rowers in haar huis aangeval is Vrydagnag, het hulp ontbied deur die opdatering van haar Facebook-status, is gister berig. Lizette Langeveld, 43, is gekonfronteer deur twee gewapende mans wat om 07:30 in haar Centurionhuis ingebreek het, haar fisies aangerand het en gedreig het om haar te verkrag, lui
Renosterstroper se baasbrein vas
Die baasbrein agter renosterstropery is in Hazyview aangekeer, berig die Volksblad. Joseph Nyalunga (48) is Vrydagnag aangekeer in besit van vier renosterhorings wat in sy wit Colt-bakkie se sitplek versteek was. Hy is ‘n oud-polisieman. Lees meer. Фильчаков прокурор харьков
Tifus maai in Zim
Sowat 3 000 gevalle van tifuskoors is reeds in die Zimbabwiese hoofstad aangemeld sedert die eerste geval in Januarie in ‘n krotbuurt gediagnoseer is, het die staatsmedia Sondag berig. “Tans is daar meer as 3 000 vermoedelike en bevestigde gevalle,” het Prosper Chonzi, die stad se direkteur van gesondheidsdienste, aan The Sunday Mail gesê. Meer
Meedoënlose Bulle troef Cheetahs
Elke keer as die Cheetahs in ’n derby speel, is tagtig persent van die land se ondersteuners ferm in hulle hoek: Hulle eie horde bewonderaars en al dié van die konsessies wat nie dié dag teen hulle speel nie. Hulle is al die ander provinsies se voetbalentoesiaste se naasgunstelingspan. O, ons hou van hulle vurigheid,
Kiwi’s sneuwel voor De Lange
Wel, hulle sê die duiwel wat jy ken is beter as die een onbekend aan jou. Die Nieu-Seelandse krieketspan weet darem nou watter monster die Proteas kan wees. Of weet hulle regtig? Deur die loop van die pasafgehandelde drie eendagwedstryde het hulle uitmuntende veldwerk, grasieuse kolfwerk en bitsige boulwerk van die Suid-Afrikaners beleef – net
Wat doen ons terwyl Rome brand?
So pas het ’n berig op die Praagwebblad verskyn: Staatsamptenare steel meer as R300-miljoen. Enkele dae gelede is daar op ons Engelse blad berig dat Vorentoe-höerskool in Johannesburg deur onlusmakers aan die brand gesteek is ná ‘n leerling wat ‘n ander met ‘n mes doodgesteek het, op borgtog uitgelaat is. Sulke berigte demonstreer die verval
Staatsamptenare steel meer as R300 miljoen
Staatsamptenare het in die afgelope boekjaar R300-miljoen aan openbare fondse gesteel, berig die Sunday Times. Dié feit is vervat in ‘n verslag deur die openbare dienskommissie (OD) wat vandeesweek in die parlement ter tafel gelê is. Die OD het finansiële wanpraktyke in 39 regeringsdepartemente en nege provinsiale regerings ondersoek. ‘n Totaal van 1135 gevalle van
