Fotograaf hof toe oor ‘bloody kaffir’

Die bekroonde swart fotograaf Alf Kumalo gaan ‘n man hof toe neem omdat hy hom ‘n “bloody kaffir” in ‘n restaurant genoem het en gedreig het om hom seer te maak, volgens ‘n berig wat Maandag verskyn het.

The Star koerant het gesê die voorval het op 29 Januarie by die Ocean Basket in Sunninghill, Johannesburg plaasgevind.

“Dit gaan oor die geskiedenis en respek. Ek moet voortgaan hiermee,” het Kumalo na bewering gesê.

The Star koerant het restaurantbestuurder Romalin Moodley aangehaal wat sê die moeilikheid het begin toe hy ‘n man in die restaurant genader het om stil te bly.

Hy het glo allerlei ongemanierde dinge geskree terwyl die Australiese Ope op TV aan die gang was.

Moodley het gesê die man het voortgegaan om luidrugtig en aggressief te wees.

Kumalo het hom genader en gesê: “Met al hierdie lawaai, hoe verwag jy ons moet eet?”

Die man Kumalo daarna ‘n “bloody kaffir” genoem en gedreig om hom met ‘n bottel wyn te slaan.

Kumalo ‘n klag van crimen injuria gelê en die saak is verlede week in die Randburg-landdroshof gehoor, maar is tot 27 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Kumalo is die kurator van die Alf Kumalo-museum en het ‘n fotografieskool in Soweto.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae