Poetin in trane na oorwinning

Wladimir Poetin was in trane na sy oorwinning in ‘n verkiesing wat sal sorg dat hy vir ‘n derde termyn as president sal dien.

Met meer as 90 persent van die stemme getel Sondagnag, was dit duidelik dat die voormalige spioen wat Russiese politiek vir die afgelope twaalf jaar oorheers, reeds op 65 persent staan. Dit verteenwoordig ‘n gemaklike oorwinning met geen behoefte om ‘n tweede ronde te veg nie.

Hy het die wind vir die trane in sy oë die skuld gegee toe hy duisende ondersteuners by ‘n oorwinningsaamtrek buite die Kremlin-muur met Russiese vlae toegespreek het.

“Ek het belowe dat ons sou wen. En ons het gewen! ” het mnr Poetin gesê. “Ons het ‘n oop en eerlike stryd gewen.”

“Dit was ‘n baie belangrike toets vir al ons mense, ‘n toets van politieke volwassenheid en onafhanklikheid. Ons het gewys dat niemand iets kan afdwing op ons nie, ” het hy bygevoeg.

Poetin het vroeër gesê agente van buite probeer om Rusland te destabiliseer. Hy het gesê die land het “politieke uitdagings oorwin wat daarop gemik is om net een ding te laat gebeur [en dit is] om die Russiese selfstandige staat te vernietig en te oorheers”.

Gennadi Zjoeganov, die veteraan-kommunistiese leier, is in die tweede plek op ongeveer 17 persent, met Mikhail Prokhorov, die miljardêr-oligarg in die derde met sewe persent.

Die oorwinning sal gesien word as ‘n stewige mandaat deur die Kremlin vir mnr Poetin om terug te keer as president in Mei, na vier jaar as Eerste Minister onder sy protégé, Dmitri Medwedef, as president.

Buitelandse beleggers het die duidelike resultaat verwelkom.

Poetin het 71 persent van die stemme in 2004 behaal.

лобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae