Ek het êrens in die tagtigerjare van die vorige eeu met die idee van "piekolie" kennis gemaak. Die storie begin egter reeds in 1959 met M King Hubbard se voorspellings vir die Amerikaanse olieprovinsie. Hubbard se werk, wat in verskeie akademiese tydskrifte gepubliseer is, het 'n debat ontketen, maar destyds amper uitsluitlik onder Amerikaanse deskundiges. Die debat is grotendeels deur ekonome, politici en wetenskaplikes van welke aard ook al, meestal ten beste geïgnoreer, en ten slegste, as roekeloos afgemaak.
Lees verder: Repliek op Johann Wingard: Abiotiese en biotiese olie II
